Trekpad Gunstelinge

Northern Cape , South Africa

In die dorre Boesmanland voer boere merendeels 'n verbete stryd om oorlewing, mense hier is getemper en gebrei deur moeilike omstandighede, maar tog is hulle vriendelik, gulhartig en gasvry. Ons Kotze-gesin van die huurplaas, Moordenaarswerf, op die grens van die Hantam en Boesmanland is dan ook geen uitsondering op hierdie kwaliteite nie.

Ons gesin bestaan uit 'n pa, Dirk (37), ma, Chantelle (34), en 5 Kotze kinders, tussen 1 en 12 jaar oud.

Hoewel Dirk met vee boerdery en gedeeltelik op 'n plaas grootgeword het, moes hy egter gaan werk om geld bymekaar te kon maak om sy eie boerdery droom te verwesenlik. Intussen het hy vir Chantelle ontmoet, liefde het geblom en dadelik het die plaaslewe ook Chantelle se wese oorgeneem en was haar hoogste ideaal om saam met haar man te boer wanneer dit eendag vir hulle moontlik sou wees. In 2010 het ons die eerste plaas begin huur, Dirk het steeds aanhou werk en Chantelle het begin om na die plaas en boerdery om te sien. Die eerste paar jaar van boerdery was voorspoedig en geseënd soveel so dat ons in 2015, met 'n banklening natuurlik, 'n plaas kon koop. Nog grond is by gehuur en Dirk het tot die einde van 2016 voltyds by 'n plaaslike maatskappy gewerk. Dit is ook die tyd dat die groot droogte, waarmee almal so goed bekend is, begin het. Ten spyte daarvan kon ons ons banklening in 5 jaar se tyd klaar betaal. 

Benewens ons eie plasie huur ons 4 plase in die Knersvlakte, Hantam en Boesmanland en boer ons met sowat 800 Merino's en 300 Meatmasters. Hoewel ons soms top kwaliteit Meatmaster teel-ramme en -ooie verkoop is ons boerdery hoofsaaklik op vleisproduksie ingestel.


Die droogte het sy eie uitdagings en stremminge gebring en soos die spreekwoord sê, "nood leer bid," so moes daar baie planne gemaak word om alle rekeninge, plaaspaaiemente en huurgelde op datum te hou. Chantelle het haar deel probeer doen met die inmaak van vrugte, bak van brood, beskuit en koekies, maar die verkoop van hierdie produkte is nie so eenvoudig om te bedryf van 'n afgeleë plaas af nie, daarom het sy besluit om haar meer op die maak en verkoop van Boerseep toe te spits. Dit kan waarlik as 'n ingewing van Bo beskryf word want sedert sy haar seep begin bemark en verkoop het het dit 'n onmisbare bron van inkomste geword om die boerdery deur die moeilike tye te help dra. Omdat ons nog so onlangs as Dirk se pa van Boesmanlandse trekboere afstam en onsself meestal op huurgrond bly en boer lê die heimwee en hunkering na die trekpad nog vlak, daarom het Chantelle besluit om haar besigheid "Trekpad Gunstelinge" te doop.


Die Boerseep, van Trekpad Gunstelinge het al vele positiewe kommentaar en dosyne tevrede kliënte opgelewer. Dit word gemaak van plaaslike skaapvet en is 'n enige vuiligheid, vlekke of vetkolle se Moses!

Boere Seep Vlokkies
62.00 62.00 62.0 ZAR / 500 g
Boere Seep Blok
27.00 27.00 27.0 ZAR / 200 g
Boere Seep 100g
16.00 16.00 16.0 ZAR / 100 g


AVERAGE REVIEW & RECOMMENDATIONS

0

out of 5
Average rating based on 0 reviews
1
0
2
0
3
0
4
0
5
0

0 %
RECOMMEND

Want to recommend this member?

You must be logged in for recommendation.

WRITE YOUR REVIEW

You must be logged in to post a review.

Review Not Found


  • 074 892 6101
  • chantellekotze8@gmail.com
Boesmanland en sy uitagings!
Trekpad Gunstelinge, Trekpad Gunstelinge
MemberFebruary 2021 — 157 views Karoo